Arithmethon        Arithmethon
Arithmethon is 'n hoofrekene en Wiskunde oefenprogram beskikbaar vir verskeie platforms. Gebruik dit een of twee keer per dag en jou, of jou kind se hoofrekene sal verbeter.

Arithmethon poog om insigte uit die leerproses te gebruik om Wiskunde en hoofrekene te trapsgewys te bevorder. Dit kom met 10 Vlakke, elk oefen meer gevorderde vaardighede.

Arithmethon is gratis, en bedoel om voortdurend te verbeter en nuwe soorte Wiskunde vrae by te kry. As jy Arithmethon gebruik vir jou kind, in 'n skool of vir tuisskoling, en idees het vir hoe die program kan verbeter, laat weet gerus vir gerhard@arithmethon.com.

Wiskunde en Opvoedkundige skakels

Extern:

Beskikbaarheid


Prente

Kies vlak, vrae uit verskeie vlakke, asook resultate:

Kies vlak   Maklik    Nie so maklik

Woordprobleem   Kwadraat   Kwadraat

Resultate

Vlakke

  1. 6 Vrae: Optel tot 6 (6+6 is vraag met grootste antwoord).
  2. 10 Vrae: Optel, Aftrek tot 10. Tel in 2s en 10e; Ewe en onewe getalle
  3. 16 Vrae: Optel, Aftrek tot 16. Tel in 2s, 5e en 10e;
  4. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 28; Maal tot 5; Tel in 2s,3s,4e,5e en 10e
  5. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 42; Maal tot 6; Tel in enige getal 2-10.
  6. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 50; Maal, Deel tot 8; Tel in enige getal 2-10
  7. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 100; Maal, Deel tot 12; Tel in enige getal 2-10; Woord vrae (lang vrae)
  8. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 100; Maal, Deel tot 12; Tel in enige getal 2-12.; Negatiewe getalle; Kwadrate en vierkantswortels; Woord vrae
  9. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 200; Maal, Deel tot 20; Tel in enige getal 2-12.; Negatiewe getalle; Kwadrate en vierkantswortels; Woord vrae
  10. 20 Vrae: Optel, Aftrek tot 1000; Maal, Deel tot 50; Tel in enige getal 2-12.; Negatiewe getalle; Kwadrate en vierkantswortels; Woord vrae

Microsoft Windows vereistes

Arithmethon kan slegs werk op 'n Windows rekenaar wat 'n OpenGL ES 2.0 versoenbare grafika kaart en driver het.
Dit sluit in die meeste nuwer Windows rekenaars (die meeste Windows 7 en nuwer rekenaars).
Op ouer rekenaars kan dit beteken dat jy eers 'n PCIE kaart byvoorbeeld van NVidia of ATI (en daarmee saam die regte drivers) moet bekom, want sommige ouer rekenaars (Windows 7 en Vista) se ingeboude grafieka drivers werk nie met OpenGL ES 2.0 nie.
Arithmethon kom met 'n goeie 'Uninstall' opsie, so jy kan dit maklik en skoon verwyder as dit nie werk op 'n spesifieke rekenaar nie.